top of page

Boemelaar

  • Writer: Toni du Plooy
    Toni du Plooy
  • Sep 8, 2017
  • 1 min read

Boemelaar

Boemelaar sit jy alleen in die nag

Langs ‘n bitter vuurtjie le jy en wag

Skyns tussen die sterre en die sekel maan

Loop daar ‘n traan oor drome reeds vergaan

Liefde het jy nie geken

'n Romantiese hart kon jy nooit wen

Skyns tussen die sterre en die sekel maan

Loop daar ‘n traan oor drome reeds vergaan

Vergete in die agterstrate van jou hart

Le geflenterde porsies van pyn en smart

Van dit kon jy nie ontvlug

Want dis gebore in jou been en murg

Gegraveer in jou verlede

Uitgekerf in jou toekoms

Skyns tussen die sterre en die sekel maan

Loop daar ‘n traan oor drome reeds vergaan

9 Desember 2010


留言


Featured Posts
Check back soon
Once posts are published, you’ll see them here.
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page