Sonder blaam
Seer het jy my gemaak
Met jou dood, vergete agter gelaat
Jou gevoellose martelaar
Hoekom moet ek die onweetend in gaan
Ek gaan met sekerlikheid vergaan
Jy het my agter gelaat
Jy is ‘n moderne psigopaat
Gedog jy was ‘n vriend werd
Hoe verkeerd was ek nie
My trane val op jou dorre graf
Wat doen ek sonder jou?
Jy wat my altyd kon, met goeie woorde bou.
Hoe moet ek vergeet?
Sonder om te weet:
Hoekom het jy dit gedoen, hoekom het jy die besluit geneem?
Hoekom het jy my verraai?
Verloon en agtergelaat
Vat my saam dalk is ek dan sonder blaam…
3 Julie 2011