Treur Gebed van'n Suster
Vlerklose engel van bo
Vlerklose kind uit hemel vermoë
'n Godgegewe geskenk
‘n tydelike wenk
Deur die heilige water word mens gevind
Deur die stille water het ons jou verloor
Hemelse sonskynkind
Die wrede aarde kon jou nie bind
Die dood het ons dalk geskei
Die Here het jou bevry
Teveel het ons baklei
Teveel het ons gestry
Tyd was te min om te vergewe
Tyd was te min om te lewe
Bevry van die wereld
Na ‘n vleklose vader
met die wereld in sy hand
In die hemel bo
Met liefde gekroon
20 Desember 2010